Elephant Walk Retreat is 'n goeie alternatief indien jy die suidelike deel van die Nasionale Krugerwildtuin wil besoek, maar alles is vol. Elephant Walk Retreat is net 50 meter van die Krokodilbrughek af. Alhoewel 'n mens dan buite die Wildtuin slaap het jy steeds 'n wonderlike uitsig oor die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin. Kuiergaste by Elephant Walk Retreat sien dikwels leeus, renosters, buffels, kameelperde en ander wild vanaf hul huisies.

Daar is ook ander verblyf-opsies om te oorweeg in die nabygeleë Komatipoort sowel as in die omgewing van Krokodilbrughek.

Terug Terug na bo