Die noordelike deel van die Wildtuin is mopaniewêreld en dis hoekom dié kamp Mopani heet. Op ’n koppie geleë is dit een van die Wildtuin se mooiste kampe wat van die beste, mees moderne bosblyplekke bied wat mens kan kry. Die plantegroei binne die kamp is net so natuurlik soos buite die kamp. Aan die westekant kyk Mopani poskaartperfek uit op die Pioniersdam. 

Verblyfopsies:

Rondawels
43 x 4-bed-eenhede (twee enkelbeddens en twee stapelbeddens), ten volle toegerus met 'n badkamer, kombuisie, stoep en buitebraai. 
2 x 4-bed-eenhede, toeganklik vir rolstoele, (twee enkelbeddens en twee stapelbeddens), ten volle toegerus met 'n badkamer, kombuisie, stoep en buitebraai.

Klein Huisies (dis nou huisies wat klein is, nie kleinhuisies nie ... )
12 x 4-bed-eenhede (een kamer met twee enkelbeddens en twee slaapbanke in die sitkamer), ten volle toegerus met twee badkamers (een en-suite), kombuis, stoep en buitebraai.

Groter Huise
45 x 6-bed-eenhede (drie slaapkamers met twee enkelbeddens elk), ten volle toegerus met twee badkamers (een en-suite), kombuis, eetkamer, groot stoep en buitebraai.

Gastehuis
Die Xanatseni-gastehuis is 'n groot en luukse eenheid perfek geleë met 'n uitsig oor die dam. Dis goed toegerus met kombuis (met mikrogolfoond), verskeie slaapkamers en badkamers. Televisie met beperkte DSTV-kanale. Slaaphuisies is losstaande van die sit/eetkamer. Daar is ook ’n lekker braaiplek. 

Slaap agt in vier slaapkamers (een kamer met 'n dubbelbed en twee enkelbeddens in elk van die ander kamers). Een slaapkamer is rolstoelvriendelik.

Beskikbaarheid en besprekings ( Skakel na Sanparke se Webwerf sal open)

Terug Terug na bo