Sirheni is die verste noord van al die bosveldkampe. Die naam is afgelei van 'n Tsonga-woord wat  begraafplaas beteken en spesifek verwys na 'n oilifantbegraafplaas in die omgewing. Die kamp is meer bos as beskawing en is verswelg, soos die oorgrote noordelike deel, deur mopanieveld. Wat groot troppe olifante en buffels beteken. En dus natuurlik baie leeus. En ander roofdiere. En lekkerte ...

Akkommodasie in Sirheni:

Huisies
5 x 4-bed eenhede (twee enkelbeddens per kamer) toegerus met 'n aparte stort, toilet en wasbak, sitkamer met twee bankbeddens, 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n uitgeboude onderdakstoep aan drie kante wat die gevoel gee of jy binne-in die bos sit. Wat jy inderwaarheid doen.

Gastehuisies
9 x 6 slaapeenhede bestaande uit twee slaapkamers (een slaapkamer met 'n dubbelbed en en-suite badkamer en een met twee enkelbeddens). Daar is ook twee slaapbanke in die sitkamer. Aparte badkamer met stort. Eenhede het elk 'n ten volle toegeruste kombuis en dakwaaiers. 

1 x 6 slaapeenheid met vier enkelbeddens in twee slaapkamers en twee ekstra slaapbanke. Daar is ’n TV met beperkte DSTV-kanale, aparte badkamer met stort, ten volle toegeruste kombuis en dakwaaiers.

 

Terug Terug na bo