Pretoriuskop is een van die oudste kampe in die Wildtuin. Omdat dit dalk effe verwyderd is van die hoofroete, het dit dalk nie so baie opknapping en modernisering as van die ander kampe gekry nie. Een wildtuiner sal dit as negatief ervaar wyl ’n ander weer dink ouwildtuinse ervarings is waaroor alles gaan. Hoe ook al, geleë tussen die granietkoppies en binne maklike trefafstand van Numbi-hek af, is Pretoriuskop ’n groot gunsteling.  Plus, die swembad is ’n wenner – veral rondom Kersfees.

Akkommodasie in Pretoriuskop:

Kampplekke
45 x tent- of karavaanstaanplekke, met of sonder kragpunte. Gemeenskaplike ablusie- en kookgeriewe (24-uur kookwater, elektriese plaatstowe en opwasbakke). Maksimum ses persone per staanplek.

Hutte
30 x ouwêreldse 2, 3, 5 of 6-bed-eenhede wat toegerus is met ’n dakwaaier en gemeenskaplike ablusiegeriewe. Daar  is geen individuele kookgereedskap, breekware of eetgerei by hierdie hutte nie, maar wel 'n gemeenskaplike kombuis met opwaskamer en elektriese plaatstowe.

46 x 2, 3, 5 of 6-bed-eenhede met gemeenskaplike ablusiegeriewe. Ook geen kookgereedskap, breekware of eetgerei, maar 'n gemeenskaplike kombuis met opwaskamer en elektriese plaatstowe. Die hutte is verder toegerus met ’n yskas en lugversorging.

Rondawels
52 x 2, 4 of 6-bed-eenhede. Toegerus met ablusiegeriewe (meeste met storte, maar sommige met baddens) en lugversorging. Party het ’n plaatstoof en opwasbak. Kies tussen ’n eie of gemeenskaplike kombuis, asook uitsig oor die grensdraad al dan nie. 'n Beperkte aantal toegeruste kombuisstelle (eetgerei, breekware, glase en pan) kan gehuur word. Bevestig ook tydens die bespreking van jou verblyf indien jy 'n dubbelbed bo twee enkelbeddens verkies.

Gesinshuisies
4 x 6-bed-eenhede (drie slaapkamers met een dubbelbed en vier enkelbeddens) met goed toegeruste kombuise, lugversorging en leefvertrekke. Een slaapkamer het 'n en suite-badkamer (bad, toilet en wasbak) plus daar is 'n aparte toilet en wasbak vir gemeenskaplike gebruik. Die kombuis het 'n gasstoof (met oond), ys/vrieskas, opwasbak, kookgerei, breekware en eetgerei.

1 x 4-bed-eenheid (twee slaapkamers met een dubbelbed en vier enkelbeddens) goed toegerus met lugversorging, kombuis en sitkamer. Een slaapkamer het 'n en suite-badkamer (bad, toilet en wasbak) plus daar is 'n aparte toilet en wasbak vir gemeenskaplike gebruik. Die kombuis het 'n elektriese plaatstoof, ys/vrieskas, opwasbak, kookgerei, breekware en eetgerei.

Pretoriuskop-gastehuise
Dis groot luukse eenhede met die beste liggings in die kamp. Daar is goed toegeruste kombuise (met mikrogolfoonde), verskeie slaapkamers en badkamers (sommige met storte en baddens, ander met net baddens). Slaapkamers is afgeleë van die belangrikste leefareas. TV met beperkte DSTV-kanale.

Pierre Joubert: Slaap 16 in vier slaapkamers (twee enkelbeddens plus twee bankbeddens in elke kamer).

Doherty Bryant: Slaap nege in drie 3 slaapkamers (een dubbelbed en een enkelbed in elke kamer).



Pretoriuskop

Pretoriuskop is in die Suid Weste van die Wildtuin gelee in 'n hoe reenval gebied. In die somer is die kamp se swembad baie gewild. (Nie oop vir dagbesoekers nie.) Skaars diere soos die swartwitpens, mofhartebees en witrenoster kom geredelik volop hier voor. Die bekende Albasini Ruines is naby die kamp gelee. Die Wolhuter hut - die eerste toeruste hut - is in hierdie kamp. Die kamp het ook natuurwandelpaaie. 


Marloth 006.jpg Marloth 007.jpg Marloth 008.jpg Marloth 009.jpg Marloth 010.jpg Marloth 011.jpg Marloth 012.jpg Marloth 013.jpg Marloth 014.jpg Marloth 015.jpg Marloth 016.jpg

Marloth 006.jpg

Pretoriuskop Akkommodasie Bespreking
 

Voltooi asseblief hierdie besprekingsnavraagvorm indien u akkommodasie in Pretoriuskop wil bespreek.

 
  Voltooi asseblief die velde hieronder:
     
  Naam en van:
  Telefoon:
  Selfoon:
  Epos:
  Adres:
  Aantal volwassenes:
  Aantal kinders:
  Ouderdomme van kinders:
  Aankoms datum:
  Vertrek datum:
     
  Meld asseblief spesifieke behoeftes, vrae en lewer kommentaar:
   
 
   
 


 
Terug Terug na bo