Geleë in die Sentrale deel  van die Wildtuin teenaan die Timbavatirivier is hierdie klein, maar goed toegeruste kamp een van die Wildtuin se bes bewaarde geheime. Al lê die kamp na aan die Wildtuingrens, moet jy vir ’n lang ent verby privaatwildtuine ry voor jy daar uitkom. Dus, Orpen is wild, wilder, wildtuin. Daar is ’n watergat voor die kamp wat beteken jy kan goeie wild van jou voorstoep af sien.

Akkommodasie in Orpen:

Rondawels
6 x 2-bed-eenhede, (enkelbeddens) ten volle toegerus met en-suite badkamers (stort, geen bad) en lugversorger. Die rondawels het elk 'n opelugkombuis met stoof, yskas/vrieskas en is ten volle toegerus met kookgerei, breekware en eetgerei. 

Gaste Huisies
3 x 6-bed-eenhede met twee slaapkamers (drie enkelbeddens in elk) en lugversorging. Een slaapkamer het 'n en suite-badkamer (bad, toilet en wasbak), en daar is 'n aparte toilet, stort en wasbak vir gemeenskaplike gebruik. Alle eenhede het 'n ten volle toegeruste kombuisie (ys/vrieskas, wasbak, kookgerei, breekware en eetgerei) en het 'n buitestoep wat dien as sitkamer.

Terug Terug na bo