Maroela is ’n klein kampie op die oewer van die Timbavatirivier, na aan die westergrens van die Wildtuin en so twee kilometer oos van Orpen-ruskamp.

Dit is een van net twee kampe in die Wildtuin wat uitsluitlik vir kampeerders – hetsy in karavane of tente – plek het. Reg teenaan die grensdraad kan kuiergaste hulle verkyk aan diere wat by ’n watergat in die vlak kom aandoen. Daar is ook ’n wildkykplatform wat uitkyk oor die Timbavatirivier. Wildstaproetes met gidse kan ook gereël word.

Daar is 24 kampplekke (20 met kragpunte). Gemeenskaplike ablusie- en kombuisgeriewe.  

Terug Terug na bo