Iewers tussen Orpenhek en Satara in die wye tweemiljoen hektaar wonderwêreld van die Krugerwildtuin kry jy Talamati, ’n klein bosveldkampie met net 15 huisies weggesteek tussen jakkalbessies en groot knoppiesdorings. As jy moeg word vir die lewe in die stad kom kruip jy hier weg.

Akkommodasie:

11 tweeslaapkamerhuisies. Albei kamers het dakwaaiers. Een kamer het drie enkelbeddens en die ander twee. Een slaapkamer het ’n en-suite badkamer (bad, toilet en wasbak). Die ander slaapkamer het ’n aparte toilet, wasbak en stort. Die kombuis het ’n gasstoof met oond, yskas, opwasbak, kookgerei, breekware en eetgerei. Yskaste het nie vrieshokkies nie, maar daar is ’n gemeenskaplike vrieskas in die kamp.

Een huisie is effe luukser met uitstekende linne en dekor. Albei kamers het en-suite-badkamers; een met ’n dubbelbed en twee enkelbeddens in die ander. Blyplek in die Krugerwildtuin op sy beste.

4 eenslaapkamerhuisies. Die slaapkamer het twee enkelbeddens en ’n dakwaaier. Daar is twee bankbeddens en ’n dakwaaier in die sitkamer. Die badkamer het ’n bad, toilet, wasbak en verbindingsdeur tussen die slaap- en sitkamer.

Terug Terug na bo