Kaptein JJ Coetzer was die eerste veldwagter wat hom doer ver noord in die Krugerwildtuin kom vestig het. Daar waar eertydse stropers olifante met ou Mausers geskiet het. Nou, met Coetzer se aankoms in dié streek was die eerste dier wat hy ges

Die noordelike deel van die Wildtuin is mopaniewêreld en dis hoekom dié kamp Mopani heet. Op ’n koppie geleë is dit een van die Wildtuin se mooiste kampe wat van die beste, mees moderne bosblyplekke bied wat mens kan kry. Die

Dit is 'n kamp wat nog erg smaak na die tradisies van die vervloë Wildtuin. Van die rondawels en hutte wat nou nog trots blyplek bied is al in die eerste helfte van die vorige eeu gebou. Die Shingwedzi-rivier omsoom die kamp en al is hy mees

Sirheni is die verste noord van al die bosveldkampe. Die naam is afgelei van 'n Tsonga-woord wat  begraafplaas beteken en spesifek verwys na 'n oilifantbegraafplaas in die omgewing. Die kamp is meer bos as beskawing en is verswelg, soos

Bateleur is die oudste en kleinste van al die bosveldkampe en kry volpunte vir sy unieke bos-atmosfeer. Die pad soontoe loop dood in die kamp (lees min verkeer; min geraas). Geleë op die oewer van die Mashokwespruit sowat 40 km suidwes van Shing

Tsendze, geleë sowat sewe kilometer suid van Mopani,  is 'n kamp in die ware sin van die woord. Dis ’n kamp-kamp, want daar is nie rondawels nie. Net die mooiste kampplekke vir tente of karavane. Tsendze bied ’n ongelooflike

Shimuwini-bosveldkamp lê op die noord-oewer van die Letaba. So ‘op’ die oewer dat wanneer ’n olifant (waarvoor die Letabarivier bekend is)  rivier toe kom, kyk jy hom sommer vierkant in die oog. Dis ’n klein kampie

Boulders, in die noorde tussen Letaba en Mopani is een van die mees unieke blyplekke in die Krugerwildtuin. Dié kamp, met blyplek vir 12 mense word as ’n geheel bespreek. Vandaar die term “privaat”. Al die eenhede in die kamp
Terug Terug na bo