Nuusbrief/Blog


2018-10-05
Bekostigbare luukse akkommodasie buite Krugerwildtuin


Die Krugerwildtuin raak vir alle Suid-Afrikaners elke jaar duurder, amper onbekostigbaar. Nou hoe gemaak as jy steeds die Krugerwildtuin wil besoek maar op soek is na bekostigbare dog luukse akkommodasie?

Ek wou al lank reeds 'n prysvergelyking doen tussen dit wat akkommodasie vir 'n gesin van 4/5 persone binne die Krugerwildtuin sal kos teenoor die kostes om net buite die Krugerwildtuin te bly.

Ek het besluit om die River Hill Lodge in Komatipoort as voorbeeld te gebruik.

U kan op hierdie skakel hulle akkommodasie sien : https://www.riverhilllodge.co.za/self-catering-accommodation-mpumalanga/

Ek gaan die verblyf vergelyk met Sanparke se 2018 - 2019 tariewe : Laai dokument af .2018/9 Sanparktariewe

Onderaan die bladsy van die River Hill Lodge is daar 'n Book now knoppie wat jou sal neem na Nightsbridge MAAR as jy direk bespreek deur hulle te skakel kan jy vra vir 10% afslag.

Volgens Riverhill Lodge se webwerf is die tariewe vir 5 persone (2 Volwassenes + 2 kinders bo 12 en een onder 12) (R2,155 + R160) = R2,315 - 10% vir direkte bespreking = R2,083.50 . (Desember 2018)

Ek wou eers die akkommodasie vergelyk met 'n rondawel in Onder Sabie maar daar is nie eens 'n rondawel geskik om 5 persone te slaap volgens Sanparke se webwerf nie. My volgende opsie was om te kyk na Berg en Dal ( as ek nie een van die kinders by die huis kan los nie). Die tarief per nag sal wees R4,392.00 per nag tensy ek een van die kinders insmokkel of een by die huis laat. Dit is 'n baie groot verskil!

Ek het gekoop hierdie blog inskrywing gaan moeiliker wees as wat dit was. Ek is effe teleurgesteld dat dit so maklik is om te sien presies hoe duur 'n Wildtuin vakansie binne die Wildtuin sal wees vir 'n gesin van 5. (Dit is myne, hare en ons'sn darem.)

Kliek op die foto hieronder en vergelyk die fasiliteite en pryse vir usself! Onthou die 10% afslag as u direk met hulle bespreek.

Nog 'n baie bekostigare, dog luukse akkommodasie opsie in Malelane is Barnstormers Rest. Besoek gerus hul webwerf by http://www.barnstormersrest.co.za/ . U sal sien dat hulle 'n baie mooi webwerf het, met die mooiste kamers maar dat hulle pryse in vergelyking met die Krugerwildtuin baie bekostigbaar is.

 

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo