Nuusbrief/Blog


2015-12-02
Desember 2015 - Nuusbrief van www.krugerwildtuin.co.za


U ontvang hierdie maandelikse nuusbrief omrede u op die webwerf van www.krugerwildtuin.co.za by die poslys ingeskakel het. Hierdie is die eerste maandelikse nuusbrief.

Ek het reeds 8 jaar gelede begin met die idee van 'n Afrikaanse webwerf oor die Krugerwildtuin maar eers nou kans gekry om die webwerf ten volle te ontwikkel. Gelukkig blyk dit dat daar genoeg belangstelling is van adverteerders, hoofsaaklik verblyf instellings naby die Krugerwildtuin, wie dit vir my moontlik maak om amper voltyds die Afrikaanse webwerf oor die groter Krugerwildtuin te ontwikkel.

'n Groot fokuspunt van die webwerf is alternatiewe verblyfsopsies in dorpe reg langs of naby die Krugerwildtuin. Dit is soms nie altyd moontlik of bekostigbaar om vir die volle duur van jou Wildtuin vakansie binne in die Krugerwildtuin te bly nie. Ons gesin beplan self aan 'n lang vakansie in die Krugerwildtuin gedurende die Junie/Julie skoolvakansie van 2016. Net om by die Krugerwildtuin uit te kom al die pad van Kaapstad is 'n duur storie. Ons self sal 'n mengsel van verblyf binne en buite die Krugerwildtuin moet bespreek om die begroting te laat klop.

Sekere gunsteling kampe soos Letaba , Satara en Onder Sabie sal ons egter nie wil misloop nie.

Die webwerf se Faceboek blad het al oor die 1000 "likes" of "hou van's" . Die skrywer van hierdie nuusbrief en die meerderheid van die inligting op die webwerf is Francois Marais wie se hoofbesigheid www.buddywebdesign.co.za is. Ek het 'n graad in rekeningkunde en oudit gekry in 1997 nog voor die maatskappy Google bestaan het. Ek het nooit letterkunde studeer nie so verskoon asseblief as u hier en daar 'n taal- of grammatika fout teëkom. Ons werk beslis aan beter en suiwerder Afrikaans.

Afrikaans is deesdae om die verkeerde redes in die nuus. Daar is 'n doelbewuste poging om die taal minder belangrik te maak by veral Universiteite. Daarom dat ons besef die belangrikheid van om 'n kwaliteit webwerf in Afrikaans oor die groter Krugerwildtuin te bedryf.

Nuus van die Krugerwildtuin is dat daar wel reën geval het maar dat die droogte nog glad nie gebreek is nie. Sondagaand op Carte Blanche was genoem dat hierdie ons land se ergste droogte in 100 jaar is. In die Krugerwildtuin is daar van die ou boorgate en drinkbakke oopgemaak. Dit verg 'n fyn balans van die oorweging van faktore soos die welstand van die diere maar ook die veld en plantegroei. In 'n ideale wêreld sou diere kon migreer na gebiede waar daar wel weiding is.

Ek het so bietjie navorsing gedoen op Faceboek op die groep:

Kruger National Park - The ecology and scientific management of Kruger National park

Volgens Ian Macdonald is die droogte goed vir seker diere soos Olifante, Renosters, Zebras, Blouwildebeeste en meeste Roofdiere. 

Baie van ons navorsing en soeke na nuwe nuus word gedoen op Faceboek groepe.

Ons kan u ook help in Afrikaans om u besprekings te doen binne die Krugerwildtuin.

Ons blog nou ook gereeld op die webwerf en u sal gereeld iets interessants vind om te lees.

Ons hoor graag van jul vakansie ervarings in die Krugerwildtuin. Stuur asseblief vir ons fotos en stories en ons plaas dit op ons webwerf. (Afrikaans asseblief) . 

Ons hoop almal reis veilig tydens die fees seisoen en rus behoorlik uit. Dankie vir die ondersteuning van Afrikaans en ons webwerf. Ons werk hard om die webwerf 100% voltooid te kry. Daar is nog plek , plek inligting in Engels wat ons moet verwyder en vervang met Afrikaans.



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 5 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo