Nuusbrief/Blog


2015-11-20
Renosters van die Krugerwildtuin


Die Renosters van die Krugerwildtuin is deesdae om die verkeerde redes in die nuus. Ons wil nie graag op ons webwerf gesels oor negatiewe dinge soos Renoster stropery in die Krugerwildtuin wat eintlik ‘n groot krisis in wording is nie. Korreksie : Is reeds ‘n groot krisis!

Die bewaring van Renosters is een van die groot sukses stories van die Krugerwildtuin. Getalle het in die laaste aantal jare - voor die erge aanslag van stropers - kwaai toegeneem en dit was nie snaaks om veral talle Witrenosters in een dag teë te kom nie. Omtrent op elke draai in Kruger kon mens verwag om Renoster mishope op die paaie te sien. Ek weet nie of die mishope meer op paaie voorkom en of die diere die onnatuurlike paaie as ‘n natuurlike grens sou sien? Dit sal ‘n interessante vraag wees om ‘n navorser te vra. Ek maak sommer vinnig so en hopelik kry ek die antwoord voor die einde van die blog. Daar is verskeie gewilde Faceboek groepe waar mens sulke vrae kan vra.

Ons beleef ‘n hedendaagse tragedie met die fel aanslag van stropery van Renosters in veral die Krugerwildtuin. Daar is selfs sprake van klein dorpies wat in die aangrensende Mosambiek ontstaan wat totaal en al gemik is op stropery. Met die renosterhoring meer as sy gewig in goud werd is dit maklik om te verstaan hoekom mense hul lewens op die spel plaas ten einde geld te maak deur Renosters te stroop.

Kom ons gesels oor positiewe dinge egter.

Renosters was gevaarlik naby aan uitsterwing in die 1960’s. Getalle was baie laag.

Die sukses van die Krugerwildtuin se renosters het my selfs op ‘n stadium begin oortuig dat ons gaan sit met ‘n moontlike bevolkingsprobleem van renosters soos daar in teorie ‘n bevolkingsprobleem van Olifante is. Soos altyd heers daar verskillende standpunte oor of daar ‘n probleem is of nie. Ek dink die oopstel van die grens teenaan Mosambiek het tydelike verligting gebring aangesien Olifante en Renosters ‘n groter gebied verkry het om oor heen te beweeg. Hoeveel Olifante en Renosters in Mosambiek gedood word is egter ‘n ope geheim en seker nie polities korrek om in die openbaar te bespreek nie.

Daar is Wit en Swart Renosters in die Krugerwildtuin alhoewel nie een Renoster wit of swart is nie maar bruin grys. Die naam Witrenoster word afgelei van die die word wyd wat verwys na die wye bek van die Witrenoster. Die Witrenoster is ‘n grasvreter terwyl die Swart renoster ‘n blaarvreter is .

Foto bo : Swartrenoster tipies meer aan die beweeg en meer temperamenteel as die meer rustiger Witrenoster. Dis sowaar 'n besonderse belewenis om 'n Swart renoster in die Krugerwildtuin teë te kom.

Foto deur : Private Kruger Safaris

Ander interessante verskille tussen wit en swart renosters is dat die Swart Renosters kalwers agter die Swart Renoster Koei loop terwyl die Wit Renoster Kalf voor die Wit Renoster Koei loop sodat die altyd in sig is. Swart Renosters is blaarvreters wat digte plantegroei verkies veral naby Riviere. Die Swart Renoster Koei maak dus die pad oop vir kleinding en is eerste op die uitkyk vir moontlike gevare wat in die digte plantegroei om elke hoek en draai kan bestaan.

Foto bo: Die meer gematigde Witrenoster besig om met sy wye bek (vanwaar die woord Wit Renoster afgelei is) op gras te wei.

Foto deur : Private Kruger Safaris

Ek was al twee maal in my lewe gelukkig genoeg om ‘n Swart Renoster in die Krugerwildtuin te sien. Presiese getalle is nie maklik bekombaar vir Swartrenosters nie aangesien hul gekose habitat dig bewoude rivierbeddings is. Die Parkeraad maak ook nie meer Renostergetalle publiek bekend nie. Wat verder opmerklik verskillend is tussen die Swart en Wit Renoster is dat die Swart renoster beslis baie meer temperamenteel as die meer gematigde Wit Renoster is. Beide Renoster spesies het nie goeie sig nie.

Daar is heelwat meer om te vertel oor beide die Wit en Swart renoster. Ek gesels so bietjie op Sosiale Media met mense en win eerstehandse advies in voor ek die artikel sal redigeer.

Die Krugerwildtuin se renosters is baie spesiaal. Dit vertel 'n suksesverhaal van bewaring. Kom ons hoop die storie bly 'n sukses storie. Wees versigtig vir mense wie met slenterstories kom oor hul sogenaamd geld insamel vir Renoster bewaring. Dit is beter om Sanparke direk te ondersteun.

 

 

 

 



Kommentaar
Sit jou kommentaar by 
Anoniem
2017-03-22 08:27:06  
Ek benodig getalle van renosterstropings in die Krugerwildtuin spesifiek in 2010 en later vir n taak. Waar soek n mens daarvoor?  
 
   

* Naam:   
* Epos:    
* Kommentaar:    
  Bereken asseblief die volgende som en sit die antwoord in die blokkie: 1 x 4 + 1 = ?
Antwoord:
 
Please leave this box blank.
 
Terug Terug na bo